raisins-south-africa-article-onverwagte-kouefront-beweeg-deur-rosyne-produksiegebied
Kalahari Bulletin, Upington, 7 November 2019

Onverwagte kouefront beweeg deur rosyne-produksiegebied
Groot skade weens ontydige ryp is verlede week in Upington en omliggende gebiede aangerig.

Die ryp is veroorsaak deur 'n ongewone kouefront wat deur die gebied beweeg het. Die grootste skade het in die gebiede Grootdrink, Groblershoop en Kanoneiland voorgekom, waar 90% van Suid-Afrika se rosyne geproduseer word. Stefan Jordaan, senior landbou–kundige van Raisins SA, se ryp het op Dinsdag 29 Oktober en Woensdag 30 Oktober voorgekom in die hoofproduksiegebiede vir rosyne teen die Oranjerivier, wat van Prieska tot Vioolsdrif in die weste strek. Druiwe waarvan rosyne gemaak word, word op sowat 12 000 ha op die laerliggende kouer gebiede verbou. Dit verhoog die risiko vir ryp in veral die oostelike gebiede.

Volgens boere in die omgewing, wat hoop die ryp is nou verby, is dit ongehoord om na 10 Oktober ryp te kry. "Die gebied kry wel ryp in die winter en vroee lente," se Jordaan. "Die skade is in die benede–Oranjerivier-produksiegebied, met veral laerliggende wingerdblokke wat temperature van onder vriespunt gehad het."

Hy se Dinsdag om 23:00 was die temperatuur 4 °C, maar omstreeks 03:00 het dit onder vriespunt begin daal. Ryp kan die blare of die vrugte brand en die potensiele oes benadeel.

"Dit is nog moeilik om die verlies te bepaal," se Jordaan. "Raisins SA samel reeds inlig-ting in, waama ons 'n verslag sal saamstel." Boere kan voorsorgmaatreels tref deur lopende besproeiings–water, wat warmer as stilstaande water is, deur die wingerdblokke te laat loop.

Hulle kan ook groot windwaai–ers inspan vir lugbeweging wat die boonste warmer lug met die onderste koue lug meng. Ryp kom in stilstaande lug voor.