Beste Produsent
Hiermee word u hartlik uitgenooi om een van ons komende Streeksvergaderings by te woon ter voorbereiding van die Algemene Jaarvergadering wat op 22 Julie 2026 sal plaasvind.
Hierdie vergaderings bied ’n waardevolle geleentheid om insette te lewer, belangrike sake te bespreek en saam te gesels oor die pad vorentoe vir ons bedryf en organisasie. U deelname is van groot belang, en ons moedig elke produsent aan om hierdie geleentheid by te woon.
Neem asseblief kennis dat hierdie registrasie slegs vir bywoning van die Streeksvergaderings dien en nie deel vorm van die Algemene Jaarvergadering se registrasie nie. Besonderhede rakende AJV-registrasie sal later gekommunikeer word.
Vergaderingsdatum en lokaal:
Wyk 2
Dinsdag, 2 Junie 2026
15h00 – 18h00
Oranjerus River Resort, Kanoneiland
Sluitingsdatum vir registrasie:
29 Mei 2026 om 14h00
Ons sien daarna uit om u daar te verwelkom!